Qatar Airways

Qatar Airways
'n Qatar Airways Boeing 747SR nader Lughawe Londen-Gatwick in 1996.
IATA: QR
ICAO: QTR
Roepsein: QATARI
Slagspreuk: World's 5-star airline
Gestig: 22 November 1993
Onderneming: Staatsbesit
Dogtermpye:
  • Qatar Airways Cargo
  • The Qatar Aircraft Catering Company
  • Qatar Airways Holidays
  • United Media International
  • Qatar Duty Free
  • Qatar Aviation Services
  • Qatar Distribution Company
  • Qatar Executive
Hoofkwartier: Qatar Airways Towers, Doha
Hooflughawe: Hamad Internasionale Lughawe
Voorsitter: Akbar Al Baker
Passasiers
Omset QR 51 121 miljoen (Maart 2020)[1]
Netto inkomste: QR -1 129 miljoen (Maart 2020)[1]
Totale bates QR 127 482 miljoen (Maart 2020)[1]
Werknemers 50 110
Alliansie: Oneworld Alliance
Bestemmings: 173
Vloot: 234 vliegtuie
Webtuiste: http://www.qatarairways.com/
Lugwaardinne van Qatar Lugdiens
Qatar Airways lughawedienste by Doha Internasionale Lughawe in 2009.
'n Qatar Airways Airbus A330 op Barcelona–El Prat-lughawe.

Qatar Airways Maatskappy Q.C.S.C. (Arabies: القطرية, Al Qatariyah [2]), wat as Qatar Airways handel dryf, is die staatsbeheerde lugredery en vlagdraer van Katar. Met sy hoofkwartier in die Qatar Lugdienstoring in Doha,[3] bedryf die lugredery 'n spilpunt-en-speeknetwerk wat meer as 100 internasionale bestemmings regoor Afrika, Sentraal-Asië, Europa, die Verre Ooste, Suid-Asië, die Midde-Ooste, Noord-Amerika, Suid-Amerika en Oseanië met sy basis in Doha verbind, met behulp van 'n vloot van meer as 150 vliegtuie.

Die lugredery het meer as 30 000 werknemers met 17 000 personeel in direkte diens en 'n verdere 13 000 by sy filiale.[4] Op 8 Oktober 2012 het die uitvoerende hoof, Akbar Al Baker, aangekondig dat Qatar Airways by die "Oneworld Alliance" gaan aansluit. Die redery het net een jaar later, op 30 Oktober 2013, 'n volwaardige lid geword.[5]

Qatar Airways is as die wêreld se beste lugredery aangewys by die "Skytrax World Airline Awards 2022".

  1. 1,0 1,1 1,2 "Qatar Airways Group Consolidated Financial Statements" (PDF). qatarairways.com. 31 Maart 2020.
  2. "Qatar Airways – Vola a Dubai in un aereo a 5 stelle" (in Italiaans). DubaiBlog. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2016. Besoek op 20 Januarie 2012.
  3. "Qatar Airways – Legal Information". Qatar Airways. Besoek op 20 November 2011.
  4. "Qatar Airways Fact Sheet" (PDF). Qatar Airways. November 2013. Besoek op 20 November 2013.
  5. "Qatar Airways joins Oneworld alliance". france24.com. 29 Oktober 2013. Besoek op 29 Oktober 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy